Aan die onderwyser
1. Teksboekie
Die doel van hierdie teksboekie is om aan die leerlinge die geleentheid te bied om hulleself voor te berei vir elke Sondag se les. U moet asseblief toesien dat die leerlinge nie die ander werkopdragte vooruit doen nie.
U
moet elke week die huiswerk persoonlik nasien en positiewe kommentaar lewer.
2. Punteverdeling
Die
weeklikse puntetoekenning is as volg:
Een punt vir aanwesigheid
Een punt vir kennis van die Bybelvers
Een punt vir kennis van vorige les
Een punt vir netheid van werkopdrag. Wees baie positief en beloon sy / haar beste.
3. Beloning
Indien die leerlinge aan die einde van die jaar meer as 70% van die moontlike aantal punte verkry, word die volgende beloning gedoen.
Graad
6 - Silwer seël
Graad 7 - Goue seël.
4.
Datums
U moet asseblief toesien dat die datums van die Sondae waarop Sondagskool gehou word, by die betrokke les ingeskryf word.
5.
Opening
Die eerste Sondag van die jaar
word gebruik vir die algemene opening, indeling
van klasse, verkryging van leerlinge se besonderhede en uitdeel van teksboekies.