LES TWEE
DANIËL WORD 'N HEERSER
KERNWAARHEID VAN DIE LES
God is getrou. Hy hoor en beantwoord sy kinders se
gebede.
i) Om die Christen kind te leer dat hy met
vrymoedigheid sy moeilikhede na God kan neem.
ii) Om die
ongeredde kind te leer dat hy sy kernprobleem, naamlik sy sonde, aan God kan
bely en om vergifnis kan vra.
SKRIFLESING VIR ONDERWYSER(ES)
Daniël 2 : 1 - 49
TEKSVERS
"As julle in My bly en my woorde in julle,
vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry." (Johannes 15 : 7.)
(Word aan die klas geleer voor die les.)
"As julle in My bly," beteken "as
julle aan My behoort en My vertrou."
"... en my woorde in julle" dui daarop dat ons
luister na wat Hy vir ons sê en Horn gewillig gehoorsaam. Dan gee Hy aan ons
die wonderlike belofte dat Hy ons gebed sal beantwoord.
VOORGESTELDE LIEDERE
Ps/Ges Ges. 297
0 God ons wil U …… eer
Ps/'Ges Ges 299
U. Jesus wat ons vrede is.
Hal. 305:1,4 Ek
roep fcot God
Hal. 308 Vader
leer my dag na dag
J.S.B. 31 Wees
Stil en Weet
J.S.B. 25 Wees
Genadig Heer
S & L 8 Daniël
het gereeld gebid
S & L 9 Dankie
Heer
VISUELE HULPMIDDELS
Agtergronde: Troonkamer van die paleis; Binneshuis.
Prente: 1. 3, 4, 5, 6, 9a, 9b, 9c, 10, 11, 12. 13,
14. Prente 3, 4, 5 & 6 word in die Bybel gesit.
Teksvers: Skryf die teksvers op 'n groot vel papier of op ligte karton in die vorm van 'n oop Bybel.
Jannie gaan vir die eerste keer met die trein ry.
Sy hande bewe terwyl hy die slotte van die klein reistas toesluit. Sy pa het
gesê hy hoef nie bang te wees nie, want alles is gereel, maar....! Toe sê hy
totsiens vir sy moeder. Jannie gaan vir niemand vertel hoe bang hy is om
stokalleen per trein na sy tante in die stad te ry nie.
Sy pa bring horn na die stasie. Hy is bang vir wat op die
trein mag gebeur. Hy is bang dat sy tante nie op die stasie sal wees om horn te
ontmoet nie.
Terwyl
die trein ry, begin Jannie sien dat al sy bekommernis verniet was. Die kondukteur kom vriendelik met horn
praat. Die koerant- verkopertjie bring vir horn appels, lekkers en 'n
prentjiesboek om in te kyk. Die tyd gaan aangenaam en gou verby. Toe die trein
by die groot stasie inkom, raak hy weer bang. Daar is so baie mense. Waar is sy
tante? Maar toe sien hy haar. Sy waai 'n yslike groot serp!
Dit was eers later dat Jannie die geheim agtergekom het. Kan julle dink wat
dit was? Jannie se pa het vooraf die kondukteur gevra om na horn te kyk. Hy het
ook geld aan die koerant-verkopertjie gegee om eetgoed vir horn te bring. Wat
meer is, sy pa het die tante gebel en vertel dat Jannie bang is dat hy haar op
die stasie nie sal raaksien nie. Sy pa het vooraf al die reelings getref.
Jannie was onnodig bekommerd, nie waar nie?
Kan julle die name van daardie vier jongmanne onthou? Ja,
dis Daniël. Sy ander naam was Beltsasar: en Sadrag, Mesag en Abednego. (Haal
die prente een vir een uit die Bybel en sit hulle in die Bybel terug.) Hierdie
jong manne was weggeneem na ‘n vreemde land. Hulle was seker ook, soos Jannie, somtyds
bang, maar hulle het geleer dat God voor
hulle uit gaan en in al hulle behoeftes voorsien. Hulle het
gevind dat Hy elke moeilikheid wat daar was, vir hulle
opgelos het. Is dit nie wonderlik om te weet dat, as ons die Here Jesus as
Verlosser aangeneem het, ons ook 'n hemelse Vader het wat vir ons sorg nie?
TONEEL EEN
KONING NEBUKADNESAR RAADPLEEG SY WYSE MANNE.
(Daniël 2 : 1 - 13)
Agtergrond: Binne in die Troonkamer van die paleis.
Prente: 1- Nebukadnesar; 9a, 9b, 9c. towenaars, voorspellers, goelaars en
sterrekykers.
Die pragtige paleis in Babilon was in oproer.
Groot koning Nebukadnesar kon nie slaap nie! Hy het 'n lelike droom gehad.
Slegte drome is nie 'n grap nie! Maar hierdie droom van Nebukadnesar was
anders. Hy het geweet die God van die hemel was besig om deur die droom met
horn te praat. Hy het opgestaan van sy bed en gevlug na sy troonkamer. (Plaas
1)
Daar was baie
slim manne soos towenaars. voorspellers, goelaars en
sterrekykers in Babilon. Die koning het hulle laat kom om horn die betekenis
van die droom te vertel (Plaas 9a, 9b, 9c).
"Ek is ontsteld oor 'n droom wat ek gehad het. Ek
wil weet wat dit beteken." Het hy gesê.
"0, koning, mag u vir ewig
lewe. Vertel ons die droom dan sal ons dit vir u uitlê." Het hulle
geantwoord.
Toe word die koning kwaad en sê, "As julle my nie
die droom vertel en dit uitlê nie, sal julle in stukke opgekap word en julle
huise afgebreek word." 'n Bietjie kalmer sê hy, "As julle die droom
vertel en uitlê wat dit beteken, sal julle geskenke en eer van
my ontvang. Gee my dus die droom en sy uitleg."
Nebukadnesar was darem baie onredelik en verkeerd om so
kwaad te word. En daardie wrede bevel! Hy was 'n heiden wat God nie geken of
gedien het nie, maar wat van ons? Ons word ook kwaad en kan baie gemeen wees.
Ons sondig teen God as ons aan Horn ongehoorsaam is, net soos die sondige
koning.
Wat kon die slim manne antwoord? "U Majesteit moet
die droom vir ons vertel. Dan sal ons dit uitlê." het hulle probeer
verduidelik. Maar die koning was alweer kwaad en sê. "Julle weet ek kan
nie die droom onthou nie. Julle wil net tyd wen voordat ek julle laat doodmaak.
As julle vir my die droom vertel, dan sal ek weet dat julle dit kan uitlê. As
julle nie die droom kan vertel nie, dan weet ek dat alles wat julle daarvan uitlê,
leuens is."
Die sterrekykers het vir die koning gesê, "Daar is
geen mens op aarde wat aan u eis kan voldoen nie. Geen koning het nog ooit so
iets gevra van enige towenaar, voorspeller,goëlaar of sterrekyker verwag nie.
Wat u vra is te moeilik. Daar is niemand wat dit vir u kan doen nie." Toe
was die koning woedend. Hy het beveel dat al die koninklike raadgewers van
Babel doodgemaak moes word!
Daniël en sy drie vriende was ook van die koning se raadgewers en sou ook
moes doodgemaak word. Hulle was die enigstes wat ware wysheid gehad het. Hulle
het God gedien, en die wysheid wat hulle gehad het, het van God gekom. Ons weet
dat hulle tien keer slimmer was as die towenaars, voorspellers, goëlaars en
sterrekykers van Babilon wat aan die valse gode geglo het.
Dit was ook nie lank nie of die
koning se lyfwag was voor Daniël se deur. (Verwyder prente.)
TONEEL TWEE
DANIËL PRAAT MET ARJOK
(Daniël
2 : 14 - 15)
Agtergrond: Binneshuis
Prente:
3, Daniël: 10, Arjok
Toe Daniël sy deur oopmaak, staan die koning se lyfwag,
Arjok, voor die deur. (Plaas 3 uit die Bybel en ook 10.) Daniël weet dit
beteken net een ding. Hy en sy vriende word stukkend gekap soos die ander
koninklike raadgewers van Babilon. Maar God het aan Daniël groot wysheid gegee,
en hy sê aan Arjok, "Waarom is die koning so haastig met hierdie
bevel?" Toe vertel Arjok aan Daniël hoe kwaad die koning was omdat geeneen
van die raadgewers die koning se droom vir horn kon vertel nie. (Verwyder 10)
Daniël het dadelik geweet wat die Here van horn wou hê.
Hy moes na die koning gaan. Daniël was 'n jong man. Hy het geweet dat die
koning kwaad was. Sou die koning nie weier om horn te sien nie? Of sou die
koning horn laat dood maak? Dit was vir Daniël onbelangrik. Hy moes net die
Here se wil uitvoer, want hy was 'n man wat die Here God die eerste plek gegee
het in sy lewe. (Verwyder 3)
TONEEL DRIE
DANIËL VOOR DIE KONING
(Daniël 2 : 16)
Agtergrond: Troonkamer van die paleis.
Prente: 1- Nebukadnesar;
3- Daniël; 4- Gananja; 5- Misael; 6- Asarja.
(Plaas 1 en 3)
Daniël gaan in.
Die koning luister! Daniël vra. "Gee my meer tyd en ek sal u die
droom en die verklaring daarvan vertel."
Wat sou Daniël van plan wees om te doen? (Laat kinders
antwoord.) Ja, hy is van die koning weg, reguit na sy drie vriende wat ook in God
glo. (Verwyder 1 en 3. Neem 4, 5 an 6 uit die Bybel en wys hulle.) - Gananja,
Misael en Asarja.
Dit is wonderlik om iemand te ken wat saam met ons en vir
ons kan bid wanneer ons probleme het. Weet julle, Jesus het vir ons beloof dat
waar twee of drie van sy kinders in sy Naam saam is, daar is Hy by hulle
(Matteus 18 : 20).
TONEEL VIER
DANIËL EN SY VIER VRIENDE BID
(Daniël
2 : 17 - 18)
Agtergrond: Binneshuis
Prente:
3- Daniël; 4- Gananja; 5, Misael; 6- Asarja; 11- 12 en 13: Gananja, Misael en Asarja
wat bid.
Daniël vertel aan sy vriende wat met horn gebeur het. (Plaas 3, 4, 5 en 6.)
Hy vertel dat hy voor die koning verskyn het en
dat hy die koning belowe het om aan horn sy droom en die verklaring daarvan te
gee. Toe sê Daniël, "Bid tot God, ons God, die enigste God, dat Hy die
geheim aan my sal vertel. God weet wat die koning gedroom het en Hy weet die
betekenis daarvan. Hy sal dit aan my vertel. Bid saam met my dat Hy my sal wys
wat dit is, sodat die koning sal weet dat ons God die ware en enigste God is,
en dat ons nie sal sterwe saam met die raadgewers van Babilon nie."
(Verwyder 3, 4. 5 en 6. Plaas 11. 12 en 13.)
Daniël se vriende het ernstig tot God gebid. Dit
was verstandig. As ons probleme het, is dit die eerste ding om te doen – vertel
ons hemelse Vader daarvan en vra sy hulp. Wat het ons Bybelvers ons geleer?
(Herhaal dit tesaam.)
God het die drie vriende se
gebed verhoor. Hy wys vir Daniël wat die koning gedroom het en wat dit beteken.
Hoe bly en dankbaar was hulle! (Verwyder 11, 12 en 13.)
Toe Koning Nebukadnesar so woedend kwaad was, het hy die oond sewe keer
warmer as gewoonlik laat maak. (Plaas 15, 17 en oond)
Daarna beveel hy sterk manne om Sadrag, Mesag en Abednego
vas te bind en in die oond te gooi. Die koning se bevel was dringend en die
oond was baie warm. Toe die oond se deur oopgemaak word, het die vlamme by die
deur uitgeskiet. So erg was die hitte dat die manne wat Sadrag, Mesag en
Abednego in die oond moes gooi, doodgebrand het. (Plaas 19 en 20.)
Die mense rondom het hard geskreeu, want hulle het gesien
dat die drie Hebreeuse manne nie gebrand het nie. Die vlamme het geen krag
oor hulle gehad nie.
Koning Nebukadnesar was verbaas. Verskrik het hy vir sy raadgewers
gevra: "Het ons nie drie
vasgebinde manne in die oond gegooi nie?" Hulle antwoord:
"Dis waar, o
Koning." Nebukadnesar antwoord: "Kyk, ek sien vier manne los
loop in die middel van die vuur en hulle brand nie ... en die vierde lyk soos
'n hemelwese!"
Dis 'n troos om te weet, dat as ons in benoudhede is, die
Here daar is om ons te help. Die warm oond en die vuur laat ons aan moeilike
tye dink. Die Here het gesê: "Wanneer jy deur die vuur loop, sal jy nie
brand nie; ook sal die vlamme jou nie skroei nie"; (Jesaja 43 : 2) Ons kan
dit so stel: "Wanneer jy probleme het, sal hulle jou nie ondersit
nie."
Party mense dink as hulle Christene word, sal hulle net altyd gelukkig
wees. Dis nie waar nie. Baie mense wat aan God getrou is, het moeilikhede. Maar
daar is een verskil. Seuns en dogters wat gered is, het die Here Jesus saam met
hulle in hul moeilikheid. Net soos die Seun van God, in die warm oond saam met
Sadrag, Mesag en Abednego was.
Miskien het jou
Ma en Pa baie probleme. As
julle nou huis toe gaan, vertel hulle dat Jesus met hulle in hierdie probleme
is. As hulle Horn nie ken nie, vra die Here om jou te gebruik om jou ouers na
Horn te bring sodat hulle ook vir Horn kan leer ken. (Onderwyser/es: Wees
voorbereid om 'n kind wat dit wil doen te help met raad en ook 'n Boekie sonder
Woorde of traktaat wat hy/sy kan gebruik om te getuig.)
Toe
Nebukadnesar iemand soos
'n hemelwese in die oond saam met die drie jong manne sien, kom hy nader
na die oond (verskuif 15 effens) en roep: "Sadrag, Mesag en Abednego,
dienaars van die allerhoogste God, kom uit hierheen!" (Verwyder 19 en 20
en plaas 4, 5 en 6.) Toe hulle uitkom uit die vuur, drom die prinse,
goewerneurs, kapteins en al die groot manne saam om hulle te sien. (Skuif 17
nader.)
Hulle ruik nie eens na rook nie! Nie een haar op hulle
koppe is geskroei nie!
Toe sê Nebukadnesar: "Aan die God van Sadrag, Mesag
en Abednego kom die eer toe, ... wat sy dienaars wat op Horn vertrou, Gered het
... hulle was bereid om eerder hulle lewe te verloor as om enige god behalwe
hulle God te dien of te aanbid." Wat was die belofte in ons teksvers?
(Herhaal dit te saam.) Het God sy woord gehou
aan Sadrag, Mesag en Abednego? Sal Hy Sy woord hou aan jou?
Natuurlik! Toe het die koning 'n bevel uitgevaardig. (Lees die bevel uit die
Bybel – Daniël 3 : 29 asook vers 30.)
SLOT
Het julle opgelet dat
Nebukadnesar gesê het daar is geen ander god soos die God van Daniël nie, maar
hy het nie God as sy EIE God aanvaar nie? Hy het homself nie erken as 'n
sondaar wat God se redding nodig gehad het nie. Miskien het jy ook van Jesus gehoor
van kleins af. Jy weet dat, toe Hy gesterf het, Hy gestraf is vir die sonde wat
jy doen. Jy weet dat Hy opgestaan het uit die dood en dat Hy lewe, maar jy het
Horn nog nooit as jou Verlosser aangeneem nie.
Die Here Jesus het vir almal gesterwe, maar as jy
gered wil word, moet jy hierdie Here Jesus
as jou Saligmaker persoonlik
aanneem. Wil jy dit vandag doen? Na die klas, kan ek vir jou verder help om
meer te weet. Kom na my toe nadat ons afgesluit het.