|
Paaskonferensie 2022 Boodskappe is beskikbaar by die skakel Sondag: Matt21v1-11, Rolspelers by die intog in Jerusalem Dinsdag: Matt21-25, Laaste uitklaring teenoor die Volks leiers Woensdag: Matt26v1-5, Sameswering om Jesus te dood Donderdag: Mar14v12 Laaste Pasga 1st Nagmaal Donderdag aand: Mar14v26 Oppad na die Kruisiging Gestemane en verhoor Goeie Vrydag: Mark15 Die Kruisiging |
Hou die spasie dop:
HEMELVAART:
26 Mei 2022 19h00 |
- Pitkos Aand oordenking Sond-Dinsd en Dond-Vryd: 20h30 |
Skakel in
Tye is volgens: GMT +02:00
|
|
|
Wie is WebWoord
1 Form en Struktuur:
- WebWoord.co.za en verwante Apps word bedryf deur e-Vangelieweg Media Groep.
- Dit is ‘n Nie-Winsgewende-Organisasie bedryf deur ‘n Bestuur met aktiewe en nie-aktiewe lede.
- Dit behoort nie aan ‘n Kerk genootskap nie.
- Ons het Deelnemende Vennote (Gemeentes en Individue) wat die WebWoord beleid onderskryf.
- Baie van ons Vennote kom uit die EG Kerk.
- Ons behou ons die reg voor om enige Gemeente/Individue deelname te staak wanneer dit nie voldoen aan die beleid nie.
2 Beleid (Grondslag):
2.1 Die Bybel as enigste en hoogste gesag.
2.2 Die 4Voedige boodskap wat die Lewende God ons as Kerk toevertrou het:
1 Weergeboorte
2 Heiligmaking
3 Goddelike genesing
4 Die wederkoms van Jesus Christus
3 Doel:
Ons neem die vennootskap nie ligtelik op nie want dis die saak van die Lewende God vir verlore siele en ter ondersteuning, vermaning, bemoediging en opbouing tot ‘n dieper verhouding met Hom van Sy kinders.
4 Funksie:
- ‘n Portaal beskikbaar te stel om in te skakel, aan enige een wat toegang tot internet het en die taal verstaan, vir Gemeentelike vereenselwiging en meelewing van (so vêr moontlik) direkte uitsendings.
- ‘n Portaal beskikbaar te stel as Mediateek vir Deelnemende Vennote
Die WebWoord (e-Vangelieweg Media Groep) Bestuur bestaan uit
A) Aktiewe Bestuur:
1 Web/Server hosting, bedryf en tegnologie beleid
2 Apps versorging en integrasie
3 Finansies admin en bedryf
4 Luisteraar versorging/Skakel
5 Vennote skakel, Tegnies en kwaliteit, implementering, ondersteuning en opleiding
B) Nie-Aktiewe Bestuur:
Leeraars en Luisteraars wat vertroud is met die Beleid/Grondslag van WebWoord